Agrigato-projek ter bevordering van landelike veiligheid

  • 09 Desember 2020
  • 760
  •  senwes
  •  
  •  nuus



Dié projek het dit ten doel om misdaad in landelike gebiede te help bekamp deur bestaande moniteringsnetwerke geldelik te ondersteun en uit te brei. Hierdie netwerke monitor verkeer en verdagte aktiwiteite op landelike paaie deur middel van die nuutste kamera-tegnologie.

Volgens Lourens Brand, Takbestuurder by Hinterland Bloemfontein, speel hierdie gesentraliseerde inligtingsnetwerk ʼn belangrike rol in misdaadondersoeke en inhegtenisnemings. “Misdaad raak almal van ons, en dit is belangrik dat ons, as ʼn gemeenskap, hande vat en pro-aktief optree om die landbouwaardeketting te versterk en te beskerm” verduidelik Lourens, en voeg by dat inisiatiewe soos Agrigato daarom ook voedselsekerheid help verseker.

Agrigato word met trots gesteun deur Mahindra, Smith Auto Group en Radio Rosestad.

Die naam ‘Agrigato’ word afgelei van ʼn Oosterse dankbetuiging wat familielede aan mekaar betoon. Lourens verduidelik dat die Agrigato-projek daarom Hinterland Bloemfontein se manier is om hul klante en die gemeenskap te bedank vir hul volgehoue ondersteuning.

Raak betrokke en wen

Gemeenskapslede word aangemoedig om ʼn Agrigato-plakker teen R50 by Hinterland Bloemfontein of deelnemende skole te koop. Hierdie plakker stel individue in staat om aan die Nommerplaat Boerpot in samewerking met Radio Rosestad deel te neem.

Al wat jy moet doen om aan die Nommerplaat Boerpot deel te neem is om die woord Hinterland, gevolg deur jou unieke nommer (agterop die plakker), jou voertuigregistrasienommer en jou naam en van te SMS na 45317. Een gelukkige wenner sal weekliks deur middel van ʼn gelukstrekking aangewys word. Weeklikse pryse ter waarde van R500 kan gewen word.

Skole word ook betrek. Die skool wat die meeste Agrigato-plakkers verkoop, staan die kans om ʼn sleepwa ter waarde van R35 000 te wen, terwyl daar ook kontantpryse op die spel is vir die leerders wat die meeste plakkers verkoop.

Die projek bereik ʼn hoogtepunt tydens die afsluiting van Hinterland Bloemfontein se Wen Groot-promosie. Dié promosie het begin op 4 Desember 2020 en loop ten einde op 29 Mei 2021, wanneer een gelukkige klant met ʼn splinternuwe Mahindra Pik Up, ter waarde van R278 000, sal wegry.

Vir elke R500 of meer wat klante spandeer, sal hulle ʼn Wen Groot-plakker ontvang. Daar is 11 plakkers wat versamel moet word ten einde ʼn inskrywingsvorm te voltooi. Voltooide inskrywingsvorms moet by Hinterland Bloemfontein ingehandig word.

Navrae

Vir meer inligting of hoe om by die Agrigato-projek betrokke te raak, skakel vir Lourens Brand by 051 411 0101 of besoek hom by Hinterland Bloemfontein te Curielaan 24.






Verwante Artikels

Verander Taal

English