Hoofborg van die Nasionale Interras Vleisbeeskampioenskappe @ALFA

  • 05 September 2017
  • 1152
  •  Hinterland
  •  
  •  hinterland



 
Laai die ALFA advertensie afLaai die Nasionale Interras advertensie af

Die organiseerders van ALFA beplan ʼn besige maar doeltreffende week vir veeprodusente asook die rolspelers in die bedryf. ALFA benader die veebedryf vanuit ʼn internasionale uitgangspunt, terwyl die belangrikheid van handel in die bedryf ook in die oog gehou word. Almal word hartlik uitgenooi om dit by te woon en kaartjies is vir slegs R25 by Hinterlandtakke beskikbaar.
 
Die Nasionale Interras Vleisbeeskampioenskappe sal vir skape en beeste aangebied word in samewerking met die Nasionale Interras Beoordelaarsvereniging. Diere wat wel interras wenners by verskeie streekskoue was, sowel as raswenners by die verskillende nasionale kampioenskappe, word uitgenooi om vir die volgende titels by die Nasionale Interras Vleisbeeskampioenskappe mee te ding:
 
  • Groot en reserwekampioen vleisbeesbul en koei
  • Groot en reserwekampioen suiwelkoei
  • Groot en reserwekampioen vleisskaapram en -ooi
  • Groot en reserwekampioen wolram en -ooi
 
ALFA is daarop gerig om die veeprodusent die geleentheid te bied om meer te leer, hulle eie aankoop en netwerk te doen, alles binne een week en onder een dak. ALFA het ook belangrike vennote wat saamspan om ʼn hele reeks mini ekspo’s aan te bied. Dit sluit in die rooivleis ekspo in samewerking met die Rooivleis Produsente Organisasie, die suiwel ekspo in samewerking met die Melkprodusente Organisasie, die wildekspo in samewerking met die Wildbedryf Suid-Afrika en die Agri Securitas plaasveiligheid ekspo.
Hinterland se betrokkenheid by ALFA 2017 is ʼn natuurlike pas gegewe sy fokus op veeartsenykundige dienste.





Verwante Artikels

Verander Taal

English