Die doel is om vir u gerief ‘n beter diens vir ons klante daar te stel en die toerusting te moderniseer.
Sluitingsdatum: Sondagaand, 17 Februarie 2019
Heropen: Donderdag, 18 Julie 2019
In die tussentyd sal een alternatiewe dieselpunt op die terrein beskikbaar gestel word, waar slegs 50PPM diesel, vir die opgraderingsperiode beskikbaar sal wees. Ons bied verskoning aan vir enige ongerief gedurende hierdie tydperk en gee u die versekering dat die nuwe geriewe vanaf Donderdag, 18 Julie 2019, sal vergoed vir die ongerief wat u moes verduur.
Vir enige navrae kontak asseblief die Potchefstroom takbestuurder, Ruan van der Merwe by 013 643 1115.