Sluit aan by die Hinterland-span

Hinterland is 'n relevante rolspeler in die landbou- en plattelandse gebiede van sentraal Suid-Afrika met meer as 1 800 werknemers, 63 takke, 56 vulstasies, 20 landbou besigheid bestuurders en meer as 60 personeellede wat ondersteuning bied vanaf die hoofkantoor in Klerksdorp. Die bedryfstruktuur is só opgestel dat daar op 'n daaglikse basis met soveel as moontlik produsente geskakel kan word, hetsy by wyse van plaasbesoeke, georganiseerde boeredae of deur transaksionering met produsente by een van ons takke of deur 'n aanlynondervinding.

Hinterland Korporatiewe DVD

Hinterland met sy hoofkantoor in Klerksdorp, beskik oor 'n dinamiese korporatiewe kultuur wat getuig van goeie waardes en beginsels. As maatskappy is etiese optrede vir ons baie belangrik en elke werknemer se bydrae tot ons doelwitbereiking word hoog op prys gestel. Hierdie deelnemende kultuur skep die geleentheid vir werknemers om met inisiatiewe vorendag te kom en in te koop in die handelsmerkstrategie. Hier word jy deel van die Hinterland-familie, wat beteken dat jy deel is van 'n waardegedrewe kultuur waar hegte verhoudings gekweek word. Hinterland bied 'n positiewe werksomgewing waar jy met respek behandel word. Ons behandel mekaar en ons klante met plattelandse vriendelikheid en bou waardevolle, langtermyn-vriendskappe.

img

Spanbou

img

Verskaffer Gholfdag

img

Loslitdag

img

Bestuurskonferensie

img

Verskaffersfunksie

img

Vierde Verjaarsdag

 
Hinterland het 63 handelstakke, sewe vulstasies met geriefswinkels en een supermark wat strek oor ses van die nege provinsies in Suid-Afrika. Met 25 bedryfspunte in die Vrystaat, 18 in Mpumalanga, 6 in KwaZulu-Natal, 3 in die Noord-Kaap, 10 in Noordwes en 9 in Gauteng spesialiseer Hinterland in die bemagtiging van produsente deur die verskaffing van insetmiddele vir ‘n wye verskeidenheid boerderypraktyke.
img

Wesselsbron

img

Potchefstroom

img

Wesselsbron

img

Nampo

img

Nampo

img

Wesselsbron

 
Die suksesvolle kleinhandelsbesigheid wat handel dryf as AFGRI Town&Country, FarmCity en Senwes Village bied ook ‘n wye verskeidenheid hardeware en geriefsprodukte aan die algemene publiek, soos besproeiingstoerusting, selfdoenprodukte, hardeware, dieregesondheidsprodukte, veevoer en brandstof.
Hinterland
Hinterland
Town&Country
FarmCity
Senwes Village

By Hinterland is daar verskillende loopbaangeleenthede:

  • Verkryging

    • Aankoper
    • Voorraadbeplanner
    • Bestelklerk
    • Administratiewe Klerk
    • Grafiese Ontwerper
  • Bemarking

    • Bemarkingsbestuurder
    • Landbou Besigheid Bestuurder
    • Openbare Betrekkinge en Geleentheid Koordineerder
    • Debiteur Klerk
    • Spesialis Verkoopsklerk
    • Eksterne Verkoopskonsultant
  • Finansies & Administrasie

    • Finansiële Direkteur
    • Finansiële Bestuurder
    • Rekenmeester
    • Nakomingsoffisier
    • Volhoubare Verbetering
    • Besigheidsanalis
    • Proseskontroleerder
    • Opleidingsbeamptes
  • Besproeiing

    • Besproeiing Ontwerp Ingenieurs
    • Besproeing Ontwerpers
    • Grondkundiges
Hinterlander 1ste Uitgawe

April - Mei 2017

Hinterlander 2de Uitgawe

November - Desember 2016

Current Vacancies

31 Desember 2017 Sales
GC-361

Seeking a motivated, highly competent Specialist Sales Clerk with a proven track record in the Equestrian arena.

View   Apply
21 Desember 2017 Administration
GC-362

The vacancy exists at Hinterland in Potchefstroom

View   Apply
18 Desember 2017 Sales
GC-353

Looking to employ a competent Branch Manager with a proven track record in a similar position

View   Apply
17 Desember 2017 Sales
GC-351

The vacancy exists within Hinterland Bothaville

View   Apply
17 Desember 2017 Sales
GC-355

The vacancy exists at Hinterland in Oberholzer

View   Apply
5 Vacancies Available
Powered By: