Maatskappyprofiel
Hinterland is 'n landboukleinhandelsmaatskappy wat gebou is op tradisionele waardes en deur innoverende oplossings gedryf word. Hinterland is in 2013 gestig, met hoofkantoor te Klerksdorp, en verteenwoordig die samesmelting van twee van Suid-Afrika se landboureuse: Senwes en AFGRI. Landbouprodusente en algemene klante word gediens deur die Senwes Village kleinhandelstakke, ondersteun deur gevestigde infrastruktuur, verhoudingsbestuurders, kundigheid en 'n inklusiewe reeks produkte en dienste.
Hinterland is geografies geposisioneer om die grootste gedeelte van Suid-Afrika se someroesgebied te bedien vanuit 39 kleinhandelstakke in vier provinsies: Gauteng, Noord-Kaap, Noordwes en die Vrystaat.
Die Hinterland tak infrastruktuur op plaaslike vlak word in twee streke verdeel, bestaande uit die Noordelike-, Westelike en Suidelike streke - elk met 'n streeksbestuurder wat volle verantwoordelikheid aanvaar vir bemarking, bedryfsaspekte sowel as verhoudingsbestuur, personeelbestuur en die finansiële prestasie van die streek, in samewerking met die betrokke tak- en verhoudingsbestuurders.
Hinterland se leuse, “Herontdek dít wat saak maak”, word saamgevat in die belofte van 'n vriendelike, plattelandse en gasvrye koopervaring, gekombineer met 'n een-stop-winkelervaring, waar jy al jou tuinbou-, hardeware-, DIY-, landbou- en buitelugbehoeftes onder een dak kan kry.