ALFA 2018 BELOOF VEE-HOOGTEPUNTE SOOS MIN

  • 07 September 2018
  • 320
  •  Plaas Media
  •  
  •  press-release



Fokuspunte
ALFA 2018 se vyf fokuspunte is interraskompetisies, slagosse en -lammers, die jeug, veilings, en sosiale en landbou-ontwikkeling. Die onderskeie waardekettings van die veebedryf sal almal hanteer word, van rooivleis tot suiwel en natuurlike vesel, terwyl daar ook ’n internasionale fokus sal wees.

ALFA-hoogtepunte
Die volgepakte program bevat talle hoogtepunte, waarvan ’n paar die volgende insluit:
• Die Hinterland Nasionale Interrasvleisbeeskampioenskap.
• Die Vleissentraal Nasionale Versprestasiekampioenskap.
• Die GWK Hoëveld Suiwel-interraskampioenskap.
• Die Nutri Feeds Moneymaker-vleiskoeikampioenskap.
• Die BKB Nasionale Kleinvee-prestasiekampioenskap.
• Die Barnlab Kleinvee-ekspo.
• Die Zoetis Intensiewe Skaapboer van die Jaar-kompetisie.
• Die Molatek Hoëveld Slagos- en Karkaskampioenskap.
• Die Sernick Opkomende Boere Slagos- en Karkaskompetisie.
• Die Cape Gate ALFA Mega-oskompetisie.
• Die Tal-Tec Slagvee-beoordelingsprogram.
• Die FNB Landbouskool van die Jaar-kompetisie.
• Die Voermol-jeugskou.
• Die Konsortium Merino-jeugskou.
• Die JSE Junior Wolhanteringskompetisie.
• Die Javlin Studenteprogram.
• Die MPO Kaasuitdaging.
• Die EPOL-werksperdekspo.
• Die JOCK Hondekos-werkshondekspo.
• Die Suiwel Kleinvee-ekspo.
• Die Opti Feeds-konynekspo.

Hiermee saam sal ’n aantal van Plaas Media se jaarlange kompetisies en projekte ook tydens ALFA 2018 ’n hoogtepunt bereik. Dit sluit onder andere in die aankondiging van die wenners in vanjaar se Santam Landbou Nasionale Kuilvoerkompetisie, wat gepaardgaan met ’n konferensie waartydens van die uitslae en tendense wat waargeneem is bespreek sal word. 

Die Toyota SA Nasionale Jong Afslaerskompetisie sal by die ekspo beslis word en sal ook gepaardgaan met ’n junior kompetisie. Die finale rondte van Plaas Media se Old Mutual Landboustudent van die Jaar-kompetisie vind ook tydens ALFA 2018 plaas en die wenners in hierdie eerste-van-sy-soort kompetisie sal daar gekroon word.

’n Besliste hoogtepunt is die Standard Bank Merietetoekennings, wat tydens die ALFA-galadinee op 20 September plaasvind en waartydens pioniers en voorlopers in die landboubedryf vereer sal word.

’n Uitgebreide veeprogram
Die lewendehawe-komponent van die ekspo is vanjaar heelwat uitgebrei, en die nuwe aanbieding sluit werkswinkels en demonstrasies oor werksperde en werkshonde in. Terselfdertyd sal daar ook varke en hase te sien wees. Daar is ook weer veilings op die spyskaart, waaronder die SA Vleismerino-jongramveiling.

Fokus op landbou-ontwikkeling
Nog ’n eerste op vanjaar se program is die FEAD-uitstalling, wat gemik is op landbou-ontwikkeling en wat blootstelling sal bied aan suksesvolle hervormingsprojekte. SA Stamboek bied weer sy teeltsimposium by ALFA 2018 aan, terwyl ’n aantal van dié organisasie se Elite-streekstoekennings ook tydens ’n spesiale funksie oorhandig sal word.

Kaartjies vir ALFA 2018 is beskikbaar by Quicket en kan bespreek word by www.quicket.co.za.







Verwante Artikels

Verander Taal

English