Diesel waarskynlik duurder in Julie

  • 23 Junie 2021
  • 454
  •  Hinterland
  •  
  •  nuus



So maan Derik Wolmarans, besturende direkteur van Hinterland Fuels.  Volgens Wolmarans toon die daaglikse vooruitskattings van die Sentrale Energiefonds daarop dat diesel (50ppm) waarskynlik met meer as 25 sent gaan styg in Julie en dat petrol (afhangende van die graad) met tussen twee en vyf sent gaan styg.

Die aanbod, internasionaal en plaaslik, vir paraffien en petroleumgas is ook tans onder baie druk vanweë ʼn groot vraag daarna. 

Die geskatte prysverhoging word hoofsaaklik veroorsaak deur stygende oliepryse en ʼn swakker rand.  Volgens Wolmarans word die olieprys verder opgejaag deur verhoogde aanvraag ten spyte van ʼn afname in die aanbod daarvan.






Verwante Artikels

Verander Taal

English