Hinterland in Winterton bedien die gemeenskap nou met gerieflike bankdienste

  • 10 Julie 2017
  • 357
  •  Hinterland
  •  
  •  nuus



Besturende Direkteur van Hinterland, Daan Bronkhorst, is baie positief oor die nuutste toevoeging tot hulle takke. “Hierdie bring bankdienste verseker baie nader aan ons klante soos ons strewe om ʼn verpakte diens aan hulle te bied,” sê Daan. Hierdie bied ook verhoogde toegang tot bankdienste aan Hinterland klante omdat hierdie bank die enigste bank in die klein dorpie in KwaZulu Natal is wat bankdienste binne ʼn handelstak het.
 
Daan het bygevoeg dat hierdie die nuutste Hinterlandtak is wat ʼn Nedbanktak het. “Vanaf 2016 het ons nou al drie Nedbanktakke binne ons winkels geopen. Die eerste was in Welkom in die Vrystaat, die tweede in Delmas in Mpumalanga met die derde een in Winterton.”
 
Daar is baie produkte en dienste by al hierdie takke binne in die handelstak. Van transaksierekeninge, spaarrekeninge, begrafnisplanne asook persoonlike lenings. ʼn Verdere positiewe punt is dat die tak deur ten volle opgeleide personeel van binne hierdie gemeenskap gediens word. Klante kan dan ook voordeel trek uit deposito’s en onttrekkings by betaalpunte met die ekstra gerieflikheid van langer bankure.
 
Nedbank se Afdelings Uitvoerende Hoof: Kleinhandel en Besigheidsbankdienste, Craig Evans het ook gesê: “Hierdie vennootskap sal die plaaslike boerderygemeenskap en klein besighede die geleentheid bied om meeste bankdienste te geniet sonder om na groot winkelsentrums te reis, wat gerieflike bankdienste vir hulle skep.”
 
Daan het bygevoeg: “Hierdie vennootskap is tot voordeel van beide Hinterland en Nedbank. Van ons kant probeer ons ook om vloerspasie in alle takke te optimaliseer en om op ʼn gereelde basis meer dienste aan ons klante te bied.” Evans het op Daan se punt uitgebrei: “Dié eenstopwinkelmodel laat ons klante toe om hul inkopies asook bankdienste gerieflik binne hulle gemeenskappe te kan doen.”
 
Daan het ook aan die lig gebring dat daar nog meer is wat gaan volg. “Hierdie model gaan voor die einde van 2017 na nog drie takke uitgerol word.” Dit loop ook baie mooi saam met Nedbank se visie omdat hulle verbind is om verhoogde toegang tot bankdienste in groeiende gemeenskappe regoor Suid-Afrika te bied. Hulle is ook tans die enigste bank wat bankdienste binne ʼn handelstak bied.





Verwante Artikels

Verander Taal

English