Hinterland loods splinternuwe webblad

  • 19 September 2017
  • 336
  •  Hinterland
  •  
  •  hinterland



 
Die vars en moderne ontwerp beklemtoon die maatskappy se innoverende denkwyse en oplossingsgedrewe benadering. 
 

Op die tuisblad

Op Hinterland se nuwe tuisblad word die nuutste promosies, opkomende funksies en aangeleenthede en die maatskappyprofiel uitgelig waar besoekers ook die nuwe korporatiewe DVD kan kyk. Onder hierdie bogenoemde gedeelte roteer die nuutste SAFEX, rand/doller, rand/pond, Brent olie, goud en platinum pryse en bietjie laer af op die bladsy kan lesers opvang met die gewildste artikel en kies uit die mees prominente kategorieë van die webblad.
 

Koop aanlyn

Die nuwe webblad het ook die weg gebaan vir ‘n koop aanlyn gedeelte waar klante aanlyn kan bestel, betaal en sien dat die produkte by hul voordeur afgelewer word. 
 

Navigasie

‘n Verbeterde navigasie is op die webblad aangebring wat verseker dat besoekers in een kliek by die regte plek kan wees.
 

Ander uitstaande elemente

Die tweetalige webblad het ook ‘n nuut-ontwikkelde soekfunksie wat gebruikers help om hul naaste tak in enkele sekondes op te spoor. Gebruikers kan ook hul naaste bedryfspunte tot en met n radius van 60km sien. ‘n Navraagvorm is ook ontwerp wat gebruikers kan invul en dan na die betrokke individu gekanaliseer sal word vir vinnige en effektiewe diens.
 
‘n Gedetailleerde produkkatalogus is in Engels beskikbaar waar besoekers Hinterland se hoof produkkategorieë kan besigtig, die onderskei sub-kategorieë van elke kan sien en ook die spesifieke produkte in elke van die sub-kategorieë.
 
Verder kan besoekers op hoogte bly van die nuutste nuusartikels en meer lees van al die dienste wat Hinterland produsente en die publiek bied. Werksoekers kan die loopbaanbladsy besoek waar hulle meer sal leer van die korporatiewe kultuur, die besigheidseenhede, handelsmerke en die vakante poste kan dophou of aansoek doen daarvoor.
 
Besoek nou www.hinterland.co.za en herontdek dít wat saakmaak!
 





Verwante Artikels

Verander Taal

English