Hoe Hinterland landbou transformeer

  • 06 Junie 2019
  • 1281
  •  
  •  
  •  



Die grootste verandering in die omgewing is waarskynlik die samesmelting van Senwes en Afgri se kleinhandelsbesighede. 

In 2013 het Senwes en Afgri besluit om hul handelswinkels en groothandelaar te laat saamsmelt. Dit was die begin van Hinterland. Elk van die twee landboureuse besit ’n vyftig persent aandeel in Hinterland. Die Town & Country- en Senwes Village-handelsmerke wat die onderskeie maatskappye se kleinhandel verteenwoordig het, het plek gemaak vir Hinterland, wat in Junie vanjaar sy sesde bestaansjaar vier.

Hinterland is geografies geposisioneer om die grootste deel van Suid-Afrika se somer-oesgebied te bedien met 58 kleinhandeltakke in ses provinsies: Gauteng, Kwazulu-Natal, Mpumalanga, Noord-Kaap, Noordwes en die Vrystaat.

Dit is belangrik vir Hinterland om ’n beslissende rol te speel op dorpe en in die platteland en nie net in landbou-kleinhandel nie. “Omdat die platteland naby aan ons hart lê, is dit vir ons belangrik om produkte en oplossings aan ons klante in hierdie streke te bied,” vertel Rupert Jacobs, bestuurder van korporatiewe bemarking en kleinhandel-ontwikkeling by Hinterland.

Hinterland het homself ook gevestig as meer as net ’n graan-insetverskaffer. Met die daarstelling van ’n vee- en besproeïngs-afdeling kan Hinterland ook meer volledige oplossings aan produsente bied ten opsigte van hul behoeftes rondom vee, teelprogramme, vee-opleidingsprogramme, en stelsel- en mikrobesproeïngsontwerpe.

Sedert 2018 is Hinterland ook betrokke by die borg van pryse op die gewilde Landbouweekliks-program op VIA TV. Daar is weeklikse pryse ter waarde van R5 000 op die spel. Tans is daar elke week R5 000 se Ruggedwear-klere - ’n baie gewilde klerereeks wat in die Hinterland-winkels beskikbaar is - wat gewen kan word.

“Hinterland is ook die eerste landbou-handelsbesigheid wat hul eie TV-program, gemik op die nie-landbou-klant, op die been gebring het. Die program, In Hinterland, is vir twee seisoene in 2018/19 aangebied met baie groot sukses. Die program keer in Augustus terug na die kassie en sal op Donderdagoggende om 06:10 uitgesaai word,” verduidelik Rupert Jacobs.

Die afgelope drie jaar is Hinterland ook die hoofborg van die ALFA interras-beeskompetisie wat jaarliks in September by die Afridome op Parys aangebied word. Hinterland het homself hier as ’n groot rolspeler in die Suid-Afrikaanse veebedryf gevestig. Tydens die geleentheid kom die wenners van die verskillende streke in Suid-Afrika se interras-kompetisie bymekaar en die beste van die bestes word hier gekroon.

Die mees onlangse toevoeging tot Hinterland se bedrywighede is die borgskap van die Mamre Intensiewe Skaapboerdery-aksies. “Ons doel is om skaapproduksie op alle vlakke te innoveer deur inligting, opleiding, produkte en bestuurhulpmiddels te verskaf - van boere aan boere. Ons streef na welstand en die voorkoming van ongemak deur goeie voeding, gesondheid en geriewe,” verduidelik Rupert Jacobs.

Op digitale gebied bedryf Hinterland al die afgelope 3 jaar ’n aanlyn koopplatform waarop ’n wye reeks produkte gekoop kan word met aflewering by jou posadres of by jou naaste Hinterland-tak. Besoek gerus shop.hinterland.co.za om van dié geleentheid gebruik te maak.

Vir meer inligting oor Hinterland en hul produkte, dienste en promosies, besoek gerus hul webwerf by www.hinterland.co.za.

Jy kan ook Hinterland op Facebook (Hinterland), Twitter (Hinterland_SA), Instagram (hinterland_sa) en LinkedIn (Hinterland SA) volg om op hoogte te bly van die nuutste nuus.

(Eindig)

Uitgereik deur Lightspeed Digital Media

Vir navrae kontak asseblief:

Dean Skippers dean@ld.media 021 422 1494, or
Heidi van der Merwe heidi@ld.media 021 422 1494









Verwante Artikels

Verander Taal

English