Prys van diesel styg in Junie

  • 28 Mei 2021
  • 1423
  •  Hinterland
  •  
  •  nuus



Volgens die Sentrale Energiefonds sal 95-oktaan-petrol waarskynlik met 10 sent per liter daal, terwyl 93-oktaan petrol 9 sent per liter goedkoper sal wees. Afhangende van die graad van diesel, word ʼn verhoging van tussen 18 en 20 sent per liter verwag.

Loodvrye-petrol kos tans ongeveer R16,41 aan die kus, en R17,13 in die binneland.

Belasting en heffings dra by tot hoë brandstofprys

Die Automobiel Assosiasie (AA) het onlangs sy kommer uitgespreek oor die hoë brandstofbelasting en gepaardgaande heffings wat Suid-Afrikaners moet betaal. Hierdie heffings, wat elke April na aanleiding van die nasionale begrotingsrede aangepas word, maak tans 37% van die brandstofprys aan die kus uit en 36% in die binneland. Dit terwyl ʼn liter petrol net R7,15 kos as dit by die hawe aankom.

Die aanlyn-tydskrif CarMag het in ʼn onlangse uitgawe die volgende berekeninge gemaak, inaggenome die hoë brandstofbelasting en -heffings:

  • Vir elke liter brandstof wat jy in jou motor stort, betaal jy tot R6,11 aan belasting en heffings.
  • As jy ʼn Toyota Hilux of ʼn Ford Ranger bestuur betaal jy in die omgewing van R458,25 aan belasting en heffings vir elke 75 liter diesel wat jy in die 80 liter petroltenk gooi.
  • As jy ʼn Volkswagen Polo ry dan gaan R213,85 van jou R595 vir ʼn vol tenk petrol aan belasting en heffings.

Derik Wolmarans, besturende direkteur van Hinterland Fuels, herinner graag motoriste daaraan dat daar 40 Hinterland Fuels-takke regoor sentraal Suid-Afrika is. Besoek www.hinterland.co.za om jou naaste tak te vind.






Verwante Artikels

Verander Taal

English