Skoliere spoggerig geklee op toer ná Hinterland Afrikaskop-borgskap

  • 28 Oktober 2019
  • 170
  •  
  •  Lightspeed Digital Media
  •  



Die kostes per leerder vir dié toer het sowat R1 600 beloop en slegs 32 vanuit die skool se 165 leerders kon genoegsame fondse insamel.

Mev. Mollo, skoolhoof van Soba Primêre Plaasskool, het Hinterland Afrikaskop genader vir ’n donasie en volgens mev. Hatting, assistent-takbestuurder by Hinterland Afrikaskop, het dié skool reeds tydens haar eerste besoek aan Afrikaskop haar belangstelling geprikkel.

“Die sandsteen skool met sy blou dakke en vrolike kinders wat buite speel het my aandag getrek en ek het dadelik begin uitvra oor Soba Primêre Plaasskool. Personeel van Afrikaskop het my van die nodige inligting voorsien en ook verduidelik dat die skool sukkel om noodsaaklike behoeftes aan skoliere te voorsien. Toe ek weer sien staan die skoolhoof in my kantoor en vra of ek hulle sal help met hul opvoedkundige besoek aan Durban,” het sy vertel.

Leerders van die skool besoek die winkel gereeld om koeldrank te koop en Hinterland het begin om suigstokkies aan hul uit te deel.

Hinterland het ingestem om die skool by te staan en ook in die proses die skool se wapen laat herontwerp aangesien die vorige skoolwapen se kwaliteit te swak was om op die hemde te plaas. Verder het Hinterland ook 25 kg meel vir ontbyt geskenk.

Hinterland Afrikaskop het toe ook ’n ooreenkoms met Pride Milling aangegaan om elke maand meel aan die skool te voorsien.

“Hinterland help geweldig baie met dinge soos gas, brandstof en onderhoudstoerusting aangesien dit ’n een-stop-winkel is. Ons is so geseënd as ’n skool om ’n verhouding soos dié met die winkel te kan hê. Hulle is altyd daar vir ons, veral in tye van nood, en ons is trots om met Hinterland Afrikaskop geassosieer te word,” het mev. Mollo vertel. Volgens haar was die leerders verskriklik bly om die see te sien en in die water te baljaar.

“Een van ons leerders, Palesa Mosia, het my vertel dat dit haar eerste keer by die see was en ook een van die mooiste ervarings wat sy nog beleef het. Nie net het sy dit baie geniet om buite haar tuisdorp te toer nie, maar ook die ervaring om in ’n groot stad te wees langs die see en hul besoek aan ‘Fun World’,” voeg Mev. Mollo by.

Mev. Hatting vertel dat dit vir hulle ’n absolute voorreg was om ’n bydrae tot die skool se besoek aan Durban te kon maak. “Die kinders van Afrikaskop is ons toekomstige klante en ons glo deur hulle see-ervaring te ondersteun sal hulle altyd Hinterland Afrikaskop onthou. Al is ons ’n baie klein tak, wil ons span ’n verskil maak aan elke klant wat hier instap,” het sy gesê.

Die Soba Primêre Plaasskool is geleë op ’n klein plaas genaamd Afrikaskop en is in 1975 gestig. Die skool bestaan uit ’n skoolhoof, 5 onderwysers, 1 algemene werker, 2 dames wat help om die leerders se kos voor te berei en 165 leerders. Die leerderstal styg elke jaar met ongeveer 20 leerders. Die skool gebruik die ‘CAPS’-kurrikilum en hul onderrigtaal is Engels en SeSotho.

Die skool maak voorsiening vir leerders vanaf verskillende plase geleë tussen Warden, Bethlehem, Kestell en Afrikaskop. Volgens die Onderwysdepartement word die skool onder afdeling 20 geklassifiseer, wat beteken dat die skool geen fondse vanaf die departement ontvang vir hul dag-tot-dag bedrywighede nie. Die gevolg is dat die skool op donasies moet oorleef.

Vir meer inligting oor Hinterland en hul produkte, dienste en promosies, besoek gerus hul webwerf by www.hinterland.co.za.

Jy kan ook Hinterland op Facebook (@Hinterland), Twitter (@Hinterland_SA), Instagram (@hinterland_sa) en LinkedIn (@Hinterland SA) volg om op hoogte te bly van die nuutste nuus.

Vir navrae kontak asseblief:

Chandrey Howburg chandrey@ld.media 021 422 1494, of
Vicki Rothman vicki@ld.media 063 107 3620







Verwante Artikels

Verander Taal

English