Nuus Artikels


http://www.hinterland.co.za/media/Global/images/Hinterland/website/news/2020/01/Bloem_opening.jpg

Inkopie-ervaring soos min by nuwe Hinterland Bloemfontein

  • 07 Januarie 2020
  •  Hinterland
  •  1201

Die Hinterlandtak in Bloemfontein straal behoorlik na talle verbeterings en opgraderings by die tak vanaf einde 2018 tot einde 2019. Die nuutontwerpte tak is amptelik Donderdagaand, 28 November 2019 voor ‘n uitgelese geselskap geopen. Die eer om die amptelike lintknip-seremonie te behartig is deur Hinterland Bloemfontein takbestuurder, Lourens Brand en Hinterland operasionele bestuurder, Louis Lingenfelder waargeneem.

Lees Meer


http://www.hinterland.co.za/media/Global/images/Hinterland/website/news/2019/10/SobaPrimarySchool.jpg

Skoliere spoggerig geklee op toer ná Hinterland Afrikaskop-borgskap

  • 28 Oktober 2019
  •  
  •  1297

Die Soba Primêre Plaasskool was onlangs op ’n twee-dag opvoedkundige besoek aan Durban en kon spoggerig lyk te danke aan Hinterland Afrikaskop wat die leerders uitgerus het met T-hempde, hoedjies, seilrugsakke, Hinterland-penne, -borrels en -sleutelhouers.

Lees Meer