Maatskappyprofiel
Hinterland is 'n landbou-kleinhandelonderneming wat gebaseer is op tradisionele waardes en gedryf word deur innoverende oplossings. Hinterland, wat in 2013 gestig is met sy hoofkantoor in Klerksdorp, bedien kliënte via hul kleinhandel- en brandstofafsetpunte. Dienste wat by Hinterland aangebied word, word ondersteun deur ‘n gevestigde infrastruktuur, verhoudingsbestuurders, kundige kennis en 'n inklusiewe reeks produkte en dienste.
Hinterland is geografies geposisioneer om die grootste deel van die Suid-Afrikaanse somergraanproduksiestreek te bedien, met 39 kleinhandeltakke wat aan Hinterland 'n voetspoor in vier provinsies gee: Gauteng, Noord-Kaap, Noordwes en die Vrystaat.
Die slagspreuk van Hinterland, "Herontdek dít wat saak maak", word weerspieël in die belofte van 'n winkelervaring wat gekenmerk word deur vriendelike en gasvrye diens. Hinterland is jou een-stop-winkel-dienspunt waar jy al jou tuin-, hardeware-, selfdoen-, landbou- en buitevoorrade en dienste onder een dak kan vind.