Produkte

Deur tegnologie, wat toenemend deur die Suid-Afrikaanse landbougemeenskap gebruik word, streef ons daarna om ons relevansie in die produsent se besluitnemingsproses te vergroot deur toegang te verleen tot toepaslike inligting en deur die belangrikste benodigdhede te voorsien: kunsmis, brandstof, saad, oesbeskerming, besproeiingsoplossings en optimalisering van veeboerdery. Ons netwerk van takke verskaf ook ander boerderybenodigdhede en items vir nutsmanne, kleinboere, tuiniers, buitelugentoesiaste en kampeerders, jagentoesiaste en enige ander persoon wat graag met die landbou-omgewing geassosieer wil word.