Inkopie-ervaring soos min by nuwe Hinterland Bloemfontein

  • 07 January 2020
  • 177
  •  
  •  
  •  news




Die gevolglike toestroming van klante binne die nuwe winkel tydens die openingsaand en Swart Vrydag op 29 November 2019 bring ‘n einde aan net meer as ‘n jaar se beplanning en verbeteringe sedert die vulstasie vanaf Augustus 2018 opgegradeer gevolg deur die opgradering van die winkel gedurende die laaste drie maande vanaf September 2019.

Die denkrigting agter opgradering

Die openingsdae was omtrent besig wat deel uitgemaak het van ‘n vier-in-een funksie naamlik die opening, openingsdag en Swart Vrydag die volgende dag, Karnavaltyd met 32 verskaffers en uitstallers wat oor twee dae uitgestal het met ook die Kerspromosie wat hoogty gevier het.

Brand vertel hy is uiters opgewonde oor die nuwe tak: “Ek dink ons het ons doelwit bereik en ek eggo die woorde van OFM-omroeper, Chandor Potgieter wie as seremoniemeester en sanger by die opening opgetree het – ‘Hinterland het hulle vandag in ‘n ander liga geplaas.’ Ons is nou op ‘n ander vlak as net bloot ‘n koöperasie, dit lyk al soos ‘n inkopiesentrum want ons berei nou ordentlik voor vir die produsent sowel as stedeling, en dit staan beslis vir my uit.” Lingenfelder som die geleentheid so op: “Dit is ‘n uitstekende dag waar die stedeling ook in besigheid gebring word waar hulle saam met die produsente ‘n wye verskydenheid produkte teen markverwante pryse kan kry.”

Vir die Hinterland winkel-afdelingshoof, Charles Eales is Hinterland is nou op ‘n handelsvlak, “waar ons met die groot mededingers kan kompeteer en die idee is om die winkel op selfs nog ‘n hoër vlak te vestig.” Volgens hom is daar verbeterde betaalpunte met die groot klere-, buite-, tuinbou- en besproeiingsafdelings wat ‘n klomp ekstra voete bewerkstellig.”

Die winkel baie meer oopplan met laer en korter rakke en genoeg spasies tussen rakke waar elke produk ‘n primaplek op ieder-en-elke rak het. Die tak is ook netjies uitgelê met alle afdelings oordeelkundig uiteengesit met elkeen wat duidelik aangedui word. Lingenfelder noem verder dat om vandag in besigheid te bly moet jy nagenoeg elke vyf jaar opgradeer om met die bedryf tred te hou. Dit is dan ook ‘n welkome inspuiting vir Bloemfontein met hierdie tak se vorige opgradering wat in 2011 geskied het.

Opgradering van Hinterland Fuels in 2018

Dié nuwe verbeterings volg op die opgradering van die Hinterland Fuels wat met nuwe brandstofpompe, wyer rybaan, breër toegangspad, draadlose pompeenhede, nuwe-generasie elektroniese pompe vir bande en 'n volledig toegeruste OK Express winkel kan spog, om net ‘n paar uitskieters uit te lig.

Alles om die doelwit te bereik

Die opening is goed behartig en verwoord deur Hinterland administrasiebestuurder, Johan Schoeman: “Ons wat hier staan is almal naspruite van daardie mense wie die besigheid in 1909 geskep het. Ons staan vandag hier en sê kom hertontdek dit wat regtig saakmaak ook in ons besigheid, want dit is waarvoor ons staan. So word almal hartlik uitgenooi, kom herontdek die nuwe Hinterland in Bloemfontein met sy pragtige nuwe baadjie. Sien julle daar!





Related Articles

Change Language

Afrikaans