WINKEL
WERF & STOOR
Hinterland se Uitvoerende Bestuurspan beskik oor ekstensiewe ervaring in die kleinhandel sektor wat ondermeer finansiële-, besigheidsontwikkeling-, kleinhandelbestuur-, en divisionele bestuursvaardighede insluit. Die individue wat hierdie span opmaak beskik oor ‘n kollektiewe groep vermoëns en vaardighede wat mekaar ongelooflik goed komplimenteer en aanvul ten einde die besigheid effektief te bestuur.
Hinterland se Uitvoerende Komitee bestaan uit 5 lede:
Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
Daan het sy kleinhandelsloopbaan as apteker in Klerksdorp begin. Hy het verskeie senior posisies beklee in FMCG en die boubedryf, voordat hy by Hinterland aangesluit het in Februarie 2016. Daan het 'n passie vir sukses en om waarde toe te voeg tot klante en personeel, en om terselfdertyd deel van 'n wenspan te wees wat 'n volhoubare besigheid bou.
Kobus het verskeie senior finansiële bestuursposte in die vervaardiging-, mynbou-, landbou- en kommoditeitsverhandeling bedrywe vervul en was sedert 2014 die finansiële direkteur van Prodist (Pty) Ltd, ‘n verskaffer en verspreider van groothandel landbou, hardeware, buitelug en algemene produkte. Kobus is op 1 Augustus 2018 as finansiële direkteur van Hinterland aangestel en sal voortbou op die suksesse van die besigheid en saam met die res van die personeel dit uitbou tot ‘n wêreldklas besigheid.
Rupert is reeds vir meer as 20 jaar in die landbou groot- en kleinhandelbedryf waaronder hy verskeie senior posisies beklee het in die veld van verkoopsbevordering, konsessiebesighede, kleinhandel en kleinhandelontwikkeling. Rupert het in 2015 by Hinterland aangesluit en beywer hom tans tot die vestiging en bevordering van die Hinterland handelsmerk.
Louis het sy loopbaan in die landboumark as Verkoopsverteenwoordiger by Boeresake begin. Daarna het hy aangesluit by Consolidated Wire Industry (CWI) as Verkoopsbestuurder. In 2002 sluit hy by Senwes aan as Streek Kliëntediens Bestuurder en in 2004 is hy bevorder as Takbestuurder: Kroonstad Tak. In 2017 is hy aangestel as Bemarkingbestuurder by Hinterland, met die doel om die struktuur van die Landbou Besigheid Bestuurders te vestig en uit te bou. In Februarie 2018 word hy tot Bestuurder: Operasioneel bevorder met die doel om Hinterland as die leier in die landbousektor te vestig.
Kevin bring meer as twee dekades se ondervinding na die tafel en het sy loopbaan in die Meganisasieafdeling van Sentraalwes in 1991 begin. Hy is na aankope oorgeplaas in 1993, waar hy tot hoofaankoper in die Chemiese Afdeling bevorder is in 1995. Hy was sedertdien betrokke in die kunsmis-, saad-, chemiese en brandstofbedryf. Kevin se missie is om te verseker dat verhoudings tussen die takke en insetverskaffers op 'n gesonde vlak is, om sodoende waarde toe te voeg tot verskaffers en klante.
Derik het sy loopbaan by 'n groot oliemaatskappy begin in 1999. Hy het uitgebreide kennis opgedoen in verskeie poste wat hy gevul het aan die kleinhandels- en kommersiële kant van die besigheid, voordat hy in 2016 by Hinterland aangesluit het. Sy missie vir die toekoms is om die bestaande netwerk van vulstasies te optimaliseer, ten einde beter diens te verskaf aan klante, en om 'n handelsmerkuitbreidingstrategie te volg.
Wimpie bring drie dekades se ondervinding na die span en het sy kleinhandelsloopbaan in die landbou-omgewing in 1988 afgeskop. Hy het begin werk as verkoopsklerk by die Sentraalwes Klerksdorp tak en is bevorder tot assistent aankoper in 1992. Hy is sedertdien deel van die aankoopspan. Dit is Wimpie se missie om die sentrale aankoopsfunksie vaartbelyn te maak ten einde groter effektiwiteit vir beide die verskaffer en klant te verseker.
Please note that this inquiry will be sent to the business unit you select from this dropdown.