Bek-en-klouseer wat tans die vleisbedryf in Suid-Afrika lam lê, is 'n virusinfeksie. Hierdie virus tas gesplete hoefdiere soos beeste, skape, bokke en varke aan en versprei vinnig deur direkte kontak en besmette toerusting. Indien die dier besmet word veroorsaak dit koors, blase, kreupelheid en verminderde melk- of vleisproduksie.
Alhoewel bek-en-klouseer nie 'n openbare gesondheidsbedreiging vir mense inhou nie lei dit tot aansienlike ekonomiese verliese binne die Suid-Afrikaanse vleisbedryf.
In die konteks van bek-en-klouseer word gehidreerde kalk erken as 'n effektiewe ontsmettingsmiddel vir die beheer van die virus. Die bek-en-klouseer-virus is kwesbaar vir uiterste pH-vlakke, beide suur en alkalies. In 'n alkaliese omgewing word die virus se strukturele proteïene verander, en die genetiese materiaal kan beskadig word, wat tot die inaktivering daarvan lei.
Powerlime wat deur Idwala vervaardig word en deur Hinterland takke versprei word is dus 'n waardevolle produk vir die ontsmetting van besmette oppervlaktes, toerusting en vee-areas. Die byvoeging van Powerlime by mis of miswater verhoog die pH, verminder die virus se oorlewing en bevorder veilige wegdoening. Deur Powerlime te strooi in skure, krale of rondom waterbakke skep dit 'n alkaliese omgewing wat die bek-en-klouseervirusneutraliseer. Dit is veral effektief in areas met baie verkeer soos melkstalle of laaisones. 'n Gehidreerde kalkoplossing kan in voetbaddens vir werkers gebruik word of op voertuigbande gespuit word om te verhoed dat die virus via besmette skoene of vervoer versprei. Verder kan die kalk op die toegangspaaie en in areas met hoë verkeer gestrooi word. Die aanwending van Powerlime oor karkasse kan help om aasdiere af te skrik, wat die risiko van verspreiding van die virus van die karkas na die omgewing verminder.
Die voordele van al hierdie sluit in bekostigbaarheid, beskikbaarheid en gemak van toediening, wat dit ideaal maak vir Suid-Afrikaanse boere wat bek-en-klouseer-uitdagings in die gesig staar.