Boerdery funksioneer selde in ’n stabiele omgewing. Insetkoste styg, kommoditeitspryse wissel, die rand beweeg onverwags en internasionale gebeure ontwrig markte. Intussen verloop daar maande tussen die aankoop van insette en die verkoop van die oes. Hierdie tydsgaping verhoog die risiko waaraan produsente blootgestel is.
Dit is juis in so ’n omgewing waar voorseisoenaankope sin maak.
Vir baie produsente word voorseisoenaankope steeds hoofsaaklik met belastingbeplanning verbind. Hoewel belasting ’n rol kan speel, behoort dit nie die kernmotivering te wees nie. Die werklike waarde lê in doelbewuste risikobestuur en groter beplanningssekerheid.
Neem kunsmis as voorbeeld. Internasionale spanning, logistieke ontwrigtings en wisselkoersbewegings kan pryse binne ’n kort tyd aansienlik laat styg. ’n Produsent wat ’n gedeelte van sy behoefte voor die seisoen vasmaak, probeer nie die mark voorspel nie. Hy versprei sy risiko en beskerm sy kostebasis teen skielike prysbewegings.
Dieselfde beginsel geld vir saad. Ná gunstige reënval of sterk kommoditeitspryse neem plantintensiteit dikwels toe, wat druk op die beskikbaarheid van gewilde kultivars plaas. ’n Vroeë bestelling gaan dan minder oor afslag en meer oor die versekerde toegang tot die regte genetika. Om op die laaste oomblik ’n tweede keuse te moet plant, kan ’n groter finansiële impak hê as enige koste wat met vroeë aankoop gepaardgaan.
Voorseisoenaankope gaan dus oor meer as net ’n beter prys. Dit gaan oor:
Faktore soos finansiering, berging en versekering moet uiteraard in berekening gebring word. Tog weeg die voordeel van vroeë vaslegging in baie gevalle swaarder as die risiko om te wag en moontlik teen hoër pryse of met beperkte beskikbaarheid te moet koop.
Die kernvraag is nie of pryse gaan beweeg nie. Die vraag is hoe goed jy daarop voorbereid is.
By Hinterland verstaan ons die realiteite van ’n veranderlike mark. Gesels met jou naaste Hinterland-tak, insetbemarker of kredietbestuurder oor jou voorseisoenbeplanning. Deur vroeg te beplan en gestruktureerde oplossings te benut, kan voorseisoenaankope ’n doelbewuste deel van jou risiko- en kostebestuursstrategie word.
Moenie wag totdat die mark jou dwing om te reageer nie. Beplan vooruit.
